Gaan na inhoud

Demid Pjanda

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Demid Pjanda was in die 17de eeu ’n ontdekkingsreisiger in Siberië. Hy was ’n groot pelsjagter wat van 1620 tot 1624 altesaam 8 000 km voorheen onbekende Siberiese riviere ontdek het, onder andere die Lena-rivier. Hy was ook die eerste Rus wat Jakoetië en Boerjatië bereik het.