Dicaeus (mitologie)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

In die Griekse mitologie was Dicaeus of Dikaios (Grieks: Δίκαιος) 'n seun van Poseidon[1] en die broer van Syleus.[2] Hulle het naby die Pilion-berg in Thessalië gewoon.[2]

Mitologie[wysig | wysig bron]

Dicaeus was gasheer vir Herakles.[2] Anders as Syleus, wat gedood is deur Herakles, was Dicaeus 'n regverdige man, wat gesuggereer word deur die baie letterlike betekenis van sy naam (Δίκαιος = Regverdig).[2]

Die stad Dicaea in Thracië is na hom vernoem.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 Stefanus van Bisantium, Ethnica s.v. D230.14
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 Konon, Verhale 17

Bronnelys[wysig | wysig bron]

  • Konon, Vyftig Verhale, oorgelewer as een-paragraaf opsommings in die Bibliotheca (Biblioteek) van Photius, Patriarg van Konstantinopel, uit die Grieks in Engels vertaal deur Brady Kiesling. Aanlyn weergawe beskikbaar by die Topos Text Project.
  • Stefanus van Bisantium, Stephani Byzantii Ethnicorum quae supersunt, geredigeer deur August Meineike (1790-1870), gepubliseer in 1849. 'n Paar inskrywings uit hierdie belangrike antieke handboek van plekname is vertaal deur Brady Kiesling. Aanlyn weergawe beskikbaar by die Topos Text Project.