Oeagros

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

In die Griekse mitologie was Oeagros (Grieks: Οἴαγρος, Oíagros, "van die wilde-appel [Torminalis glaberrima][1]) 'n koning van Thracië en die vader van Orfeus.

Biografie[wysig | wysig bron]

Koninkryk[wysig | wysig bron]

Daar bestaan verskeie weergawes betreffende waar Oeagrus se domein eintlik geleë was. In een weergawe het hy oor die Edonise koninkryk in die streek Migdonië regeer. Hy is ook verbind met Pieria, verder wes, of die omgewing van die Hebrus-rivier na die ooste. Laasgenoemde word ter ere van hom 'Oeagria' genoem.

Familie[wysig | wysig bron]

In die weergawe wat Oeagros in Pieria plaas, word sy vader aangegee as Koning Pieros en die nimf Methone.[2] Hy word beskryf as " 'n Thraciese wyngod, wat self afgestam het van Atlas." Volgens Suda was Oeagros deel van die vyfde generasie na Atlas, deur Alkjone (/ælˈsaɪ.əniː/; Oudgrieks: Ἀλκυόνη, verlatyn: Alkyóne), een van Atlas se dogters.[3] Dit kan deur die volgende stamboom verduidelik word: (1) Atlas by die Plejade Plejone — (2) Alkjone by Poseidon — (3) Aethusa by Apollo — (4) Linus of Eleuther — (5) Pieros by Methone — Oeager. Dit word ondersteun deur die genealogiese orde volgens die historikus Charax, wat soos volg is: Aethusa die Thraciër was die moeder van Linus, vader van Pieros, vader van Oeagros.[4]

In die weergawe wat hom in Edonië plaas, is hy die seun van Charops, 'n aanhanger van Dionusos; Charops is deur Dionusos uitgenooi om oor die Edoniërs te regeer na die geweldadige dood van Lycurgus, hul koning. Oeagros is ook soms die seun van die god Ares genoem, wat geassosieer is met Thracië.[5]

Oeagros en die Muse Kalliope[6][7][8] of Clio of Polyhymnia[9] was die ouers van Orfeus[10][11][12] en Linus.[13] Hy is naby Pimpleia, Berg Olimpus, getroud met Kalliope.[14][15] Orfeus se susters staan bekend as die Oeagrides, op soortgelyke wyae as die Muses.[16] Die vader van Orfeus word somtyds aangegee as Apollo.[17] Oeagros is ook aangegee as die vader van Marsyas.[18]


Mitologie[wysig | wysig bron]

In Nonnus se Dionysiaca, konstateer die outeur dat Oeagros sy stad Pimpleia op die Bistoniese plein opgegee het en die veldtog van Dionusos teen die Indiese mense gevolg het. Hy het sy pasgebore seun, Orfeus, in die hande van sy metgesellin Kalliopeia gelos.[19]

"Die dapper seun van Ares, Oeagros, het sy stad Pimpleia op die Bistoniese vlakte opgegee en by die roete aangesluit. Hy het Orfeus op Kalliopeia se knieë gelos, 'n kleintjie wat belangstel in sy moedersmelk, nog 'n nuwe ding vir hom. "[20]

Oeagros is ook beskryf as 'n sanger en harpspeler, en 'n bekwame vegter tydens hierdie avonture.[21]

"Toe Bromios gepraat het, het Oeagros, 'n harpspeler, 'n man van die koue Bistoniese land, opgespring, met die veerpen aan sy harp."[22]
"Hy het Oeagros gekroon, en die vader van Orfeus het met sy voete op die grond gestamp, terwyl hy die ongetemde bul, die prys van die sang, met vreugde aanvaar terwyl sy metgeselle in 'n ry om hom dans."[23]
Oeagros het ook die donker menigte vegters terug geslaan, hy was onversadigbaar, en het die rye mans in repe gesny, terwyl hy die falanks van flitsende helms met sy Bistoniese swaard gesny het."[24][25]

Naamgenote[wysig | wysig bron]

Oeagrus-strand in Antarktika is vernoem na die mitiese koning.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Robert Graves (1960). The Greek Myths. Harmondsworth, Londen, Engeland: Penguin Books. pp. s.v. Orfeus. ISBN 978-0143106715.
  2. Of the Origin of Homer and Hesiod and their Contest, Fragment 1, 314
  3. Suda, s.v. Orfeus
  4. Suda Ensiklopedie s.v. Homeros.
  5. Nonnus, Dionysiaca XIII.428
  6. Ovidius, Ibis 484; Hyginus, Astronomica 2.7.1; Konon, Verhale 45 (Fotios); Tzetzes oor Lycophron, 831; Anthologia Graeca 7.8 & 7.10; Argonautica Orphica 73 & 1369
  7. Apollonius Rhodius. "The Argonautica". The Internet Classics Archive, Massachusetts Institute of Technology. Besoek op 2 Maart 2013.
  8. Scriptores rerum mythicarum Latini. red. G.H. Bode, i. pp. 26, 90 met die eerste en tweede Vatikaanse mitograaf as gesag
  9. Scholia oor Apollonius Rhodius, Argonautica 1.23
  10. Apollonius Rhodius, Argonautica 1.570, 2.703, 4.905 & 4.1193; Athenaeus, Deipnosophistae 13.71; Hyginus, Verhale 14, 14.5, 251 & 273; Statius, Thebaid 5.343; Eusebius, Voorbereidings vir die Evangelie, 1.63; Clemens van Alexandrië, Protrepticus 7, p. 63, red. Potter; Arrianus, Anabasis van Alexander 1.11.1
  11. Diodorus Siculus. "The Library of History". Penelope, Universiteit van Chicago. Besoek op 2 Maart 2013.
  12. Plato. "Symposium". The Internet Classics Archive, Massachusetts Institute of Technology. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2011. Besoek op 2 Maart 2013.
  13. Apollodorus, Bibliotheca 1.3.2 & 1.9.16
  14. Apollonius Rhodius, Argonautica 1.23-34
  15. Freeman, Kathleen (1946). The Pre-Socratic Philosophers. Oxford: Basil Blackwell. p. 2.
  16. Moschos, Gedigte 3.17
  17. Apollodorus. "Bibliotheca". Theoi.com. Besoek op 2 Maart 2013.
  18. Hyginus, Verhale 165
  19. Nonnus, Dionysiaca 13.428
  20. Nonnus, Dionysiaca 13.428-431
  21. Nonnus, Dionysiaca 19.70, 19.100, 19.112, 22.168 & 22.188
  22. Nonnus, Dionysiaca 19.69-71
  23. Nonnus, Dionysiaca 19.112-115
  24. Nonnus, Dionysiaca 19.168-170
  25. Nonnus, Dionysiaca 22.320-353

Bronne[wysig | wysig bron]

  • Kathleen Freeman. The Pre-Socratic Philosophers. Oxford: Basil Blackwell, 1946.