Hicetaon

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

In die Griekse mitologie verwys Hicetaon (Grieks: Ἱκετάονα of Ἱκετάονος) na:

  • Hicetaon, 'n Trojaanse prins en die seun van Koning Laomedon van Troje, en dus die broer van Koning Priamos.[1] Hy was een van die Trojaanse oueres.[2] Nadat Paris vir Helena ontvoer het, het Hicetaon voorgestel dat sy teruggeneem word na Menelaos ten einde te verhoed dat oorlog uitbreek. Sy seuns was Melanippos, wat gesterf het tydens die einste oorlog wat Hicetaon probeer voorkom het;[3] Kritolaos, man van Priamos se dogter Aristomache;[4] Thymoetes (slegs in die Eneïde, andersins aangegee as sy broer);[5] en moontlik Antenor.[6]
  • Hicetaon, prins van Methymna, Lesbos, en die seun van Koning Lepetymnus en Methymna, dogter van koning Makareus.[7] Hy en sy broer Hypsipylus het hul tuisstad verdedig teen Achilles en is gedood tydens die geveg.[8]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Homeros, Ilias 3.147; Apollodorus 3.12.3; Dictys Cretensis, 4.22
  2. Homeros, Ilias 20.238
  3. Homeros, Ilias 15.547 & 576; Strabo, 13.1.7
  4. Pausanias, 10.26.1
  5. Vergilius, Eneïde 10.132
  6. Eustathius van Thessaloniki oor Homeros, p. 349; scholia op die Ilias 3.201
  7. Diodorus Siculus, 5.81
  8. Parthenios, 21

Bronnelys[wysig | wysig bron]